Aandag afleibaarheid sindroom, die term wat alle ouers senuweeagtig maak.
Aandag afleibaarheid sindroom ook bekend as ADHD, is die term wat gebruik word om ‘n hiperaktiewe, impulsiewe en aandag afleibare kind mee te diagnoseer.
Aandag afleibarheid sindroom is opgedeel in 3 soorte naamlik:
- Aandag afleibaar wat beteken dat die kind sukkel om hul aandag gevestig te hou in klas of nie kan betyds klaar werk nie en selfs nie lus het om vir lank te wil stil sit in klas nie.
- Hiperaktiwiteit en impulsiwiteit wat handel oor uitspattige gedrag wat voorkom sonder dat die kind dink voor hul doen of nie hulle beurt kan afwag nie.
- Die derde is ‘n kombinasie van albei aandag afleibaarheid en impulsiwiteit.
Aandag afleibaarheid sindroom verskil van kind tot kind, dit beteken dat soms kan ‘n kind net sukkel om te konsentreer en aktief verkeer en soms is net een simptoom sigbaar. Simptome van aandag afleibaarheid sindroom begin vanaf ‘n jong ouderdom, in meeste gevalle is dit eers duidelik sigbaar as die kind moet regmaak om skool toe te gaan en selfs vir lang tydperke moet kan stil sit soos in ‘n klas.‘n Volledige mediese ondersoek sal bepaal in watter kategorie van aandag afleibaarheid sindroom die kind is. Die simptome van aandag afleibaarheid sindroom moet voor die ouderdom van 12 sigbaar wees sodat dit kan diagnoseer word. Aandag afleibaarheid sindroom simptome word gesien in terme van die kind se gedragspatrone. Dit beteken nie dat mens moet wag totdat die kind 12 jaar oud is nie, want vroëe intervensie is uiters belangrik. Aandag afleibaarheid sindroom moet in meer as een direkte omgewing van die kind in meng sodat die kind klassifiseer as aandag afleibaar. Hierdie omgewings strek vanaf die kind se omgewing by die huis tot in die klas, Aandag afleibaarheid hinder die kind se sosiale, akademiese en allerdaagse lewe. Hierdie hindernisse vertraag die ontwikkeling van die kind in hulle taal, motoriese asook sosiale vaardighede.
Aandag afleibaarheid sindroom maak dit moeilik vir kinders om maats te maak in skool omgewings, om probleme op te los, luister vermoë en sukkel om die werk te voltooi as dit die kind verveel om net ‘n paar te noem.
Aandag afleibaarheid sindroom kan behandel word deur voorgeskrewe medikasie vanaf ‘n spesialis en gedrags terapie (dit is ‘n behandeling wat klem lê op gedrag en hoe om dit te bestuur). Medikasie is stimulante wat die die brein stimuleer asook die senuweestesel, deur middel van medikasie is die kind se vermoë om te kan konsentreer in klas verhoog en dit verbeter die buie wat die kind ervaar asook hulle impulsiewe gedrag. Medikasie is wel die eerste keuse van behandeling vir aandag afleibaarheid sindroom, maar dit het newe-effekte soos; ‘n onderdrukte eetlus, slaaploosheid, by sommige kinders kan daar agressie voorkom en angstigheid.
‘n Ander opsie is spesiale onderrig skole wat kleiner klasse en meer individuele aandag beteken. Daar is ‘n stryd wat voorlê as die kind moet inskryf by ‘n skool, maar daar is geen rede om moed op te gee nie; daar is skole wat voorsiening maak vir spesiale behoeftes vir leerders, veral vir aandag afleibaarheid sindroom.
‘n Aandag afleibaarheid sindroom diagnose voel dalk soos ‘n moeilike stryd om te veg, maar in hierdie nuwe dekade is daar meer as een manier om terug te veg.
Reference:
Mash, E.J. & Wolfe, D.A. (2019). Abnormal Child Psychology (7th edition). USA: Cengage. [ISBN- 9781337624268]